VRAAG 2 ‘n Emmer hang aan twee toue naamlik P en Q. Die…
VRAAG 2 ‘n Emmer hang aan twee toue naamlik P en Q. Die spanning in tou P is 130 N teen ‘n hoek van 30 ° tot die vertikaal. Tou Q is 45 ° tot die vertikaal. Die emmer is in rus. Regterklik op die onderstaande blou blokkie, om die Diagram vir Vraag 2 in ‘n aparte blad oop te maak. 2.1 Definieer die term resultante vektor. (2) 2.2 Teken ‘n volledige, benoemde vryliggaamdiagram met al die kragte wat op die emmer inwerk. (3) 2.3 Bereken die grootte van die gewig van die emmer. (5) 2.4 Bereken die massa van die emmer. (3) [13]
Read Details