AFDELING A: POëSIE By hierdie afdeling moet jy DRIE vrae bea…
AFDELING A: POëSIE By hierdie afdeling moet jy DRIE vrae beantwoord. Kies TWEE van jou voorgeskrewe gedigte en die ongesiene gedig is VERPLIGTEND. Beantwoord ENIGE TWEE GESIENE gedigte. VRAAG 1: E-SONNET(TEKS A) Kliek regs op die blou knoppie om TEKS A te besigtig: VRAAG 1: e-sonnet Bestudeer die gedig en beantwoord die vrae wat volg. TEKS A e-sonnet 1. met skuifspeld ponser en kram 2. kon ek tevore – soos dit hoort – 3. op papier elke woord 4. netjies orden volgens plan 5. nou wag iewers in die ruimte 6. my posbus 7. gedot & gekom 8. slaggereed op besoekers van buite 9. langsamerhand vind ek egter 10. die e-verhouding al hegter 11. dat ek met elke klik 12. en dubbelklik 13. my lewe al meer 14. na die eenoog-despoot se buie skik Susan Smith VRAAG 1: e-sonnet (TEKS A) 1.1 Verduidelik in jou eie woorde wat die titel beteken. (2) 1.2 Waarna verwys “die ruimte” (reël 5)? (1) 1.3 Is die gebruik van die ‘&’ (reël 7) gepas? Motiveer jou antwoord (2) 1.4 Toon die progressie aan wat in die gedig voorkom en verduidelik wie die”eenoog-despoot” (reël 14) is. (3) 1.5 Benoem die rymskema wat in reëls 9 tot 12 voorkom en verduidelik die funksie daarvan. (2) TOTAAL VRAAG 1: [10]
Read DetailsVRAAG 2: Ek is oek important (TEKS B) Kliek regs op die blo…
VRAAG 2: Ek is oek important (TEKS B) Kliek regs op die blou knoppie om TEKS B te besigtig: Bestudeer die gedig en beantwoord die vrae wat volg. TEKS B Ek is oek important 1. As al julle geldgatte 2. julle geld gespendit, 3. en julle bananaskille 4. innie slootjie gegooi het, 5. en julle bustikkits 6. soes konfetti gestrooi het, 7. en julle staain en cool drinks 8. opgedrink het, 9. en julle borrels en blikkies 10. in ‘n gangetjie gesit het, 11. en julle visgraatbolle 12. en vrot vrugte 13. en stukkene boksies 14. en papiere 15. r o n d g e g o o i h e t . . . 16. dan kom ek 17. en maakie wêreld weer skoon: 18. soe 19. ek is oek important. Peter Snyders VRAAG 2: Ek is oek important (TEKS B) 2.1 Watter soort werk doen die spreker? Motiveer jou antwoord (2) 2.2 Met wie praat die spreker in die gedig? (1) 2.3 Sê of die volgende stelling WAAR of ONWAAR is. Haal EEN WOORD uit die gedig aan om jou antwoord te staaf. Die spreker is minagtend ten opsigte van ryk mense. (1) 2.4 Hierdie gedig is in Kaapse Vernakulêre Afrikaans (Kaaps) geskryf. In reëls 5 en 6 is twee voorbeelde van Kaapse Afrikaans. Skryf slegs EEN voorbeeld neer en verduidelik waarom dit as Kaapse Afrikaans beskou kan word. (2) 2.5 Skryf een voorbeeld van ’n vergelyking in die gedig neer. (1) 2.6 Dink jy mense wat rommel optel, is belangrik? Motiveer jou antwoord. (1) 2.7 Strooi jy rommel rond? Hoekom / hoekom nie? Werkskepping is nie ’n antwoord nie! (1) 2.8 Hoe sal jy die tema van hierdie gedig beskryf? (1) TOTAAL VRAAG 2 : [10]
Read DetailsVRAAG 4: THUMELA(TEKS D) Kliek regs op die blou knoppie om T…
VRAAG 4: THUMELA(TEKS D) Kliek regs op die blou knoppie om TEKS D te besigtig: Bestudeer die gedig en beantwoord die vrae wat volg. TEKS D Thumela 1. tot siens meneer 2. het jy geskree 3. en vir oulaas gemaak ernstig 4. na ‘n kennisgewingbord 5. met horde sportaankondigings 6. en lyste eksamenrooters 7. wat jou nie meer kon raak 8. gestaar 9. jou boeksak toe 10. met ‘n wilde tol 11. die lug ingeskiet 12. en ‘n geskiedenisboek gepos 13. sodat die blaaie 14. verward 15. oor die verlate skoolvierkant saai 16. terwyl jy laggend 17. om ‘n hoek verdwyn 18. gemaak geskok 19. het meneer weggedraai 20. maar ek het bly wonder 21. of dit vir jou 22. dan niks beteken Elmé Barnard VRAAG 4: Thumela (TEKS D) 4.1 Verduidelik hoekom die gedig se titel gepas is. (2) 4.2 Haal een woord uit die gedig wat aandui dat die leerder nie oneerbiedig is nie. (1) 4.3 Hoekom gooi die leerder sy boeksak in die lug en waarop dui dit? (2) 4.4 Kies die korrekte antwoord. Waarop dui die tipografiese wit / inkeping in versreëls 8,11,14 en 22? A. Dui die manier hoe die papiere gestrooi is B. Dui op die verlate vierkant. C. Dui op tydsverloop. (1) 4.5 Kies die korrekte antwoord. Watter woorde dui aan dat die onderwyser nie ontsteld is oor die leerder se gedrag nie? A. “het meneer weggedraai” B. “gemaak geskok” C. “verward” (1) 4.6 Kies die korrekte antwoord. Versreël 16 “terwyl jy laggend” dui aan dat die leerder… A. oneerbiedig optree B. nie oneerbiedig optree nie C. kwaad is vir die onderwyser (1) 4.7 Kies die korrekte antwoord. Identifiseer die klankverskynsel in versreël 5. “met horder sportaankondigings” A. Alliterasie B. Assonansie C. Assimilasie (1) 4.8 Kies die korrekte antwoord. Identifiseer die klankverskynsel in versreël 12. “en ‘n geskiedenisboek gepos” A. Alliterasie B. Assonansie C. Assimilasie (1) TOTAAL VRAAG 4 : [10]
Read Details