VRAAG 8 Beskou die volgende elektrochemiese sel: …
VRAAG 8 Beskou die volgende elektrochemiese sel: Regterklik op die onderstaande blou blokkie, om die Diagram vir Vraag 8 in ‘n aparte blad oop te maak. 8.1 Is hierdie ‘n galvaniese sel of ‘n elektrolitiese sel? Verduidelik jou antwoord. (2) 8.2 Identifiseer elektrode X met behulp van berekeninge. (4) 8.3 Benoem komponent P en gee een funksie van hierdie komponent in hierdie sel. (2) 8.4 Is die Zink in hierdie sel die oksideermiddel of die reduseermiddel? (1) 8.5 Skryf die halfreaksie neer wat by die katode van hierdie sel sal plaasvind. (2) 8.6 Die ZnSO4 is ‘n elektroliet. Definieer elektroliet. (2) [13]
Read DetailsVRAAG 6 Daar word 0,8 mol waterstofgas en 0,8 mol koolst…
VRAAG 6 Daar word 0,8 mol waterstofgas en 0,8 mol koolstofdioksiedgas in ‘n 5 dm3 fles ingespuit en die reaksie bereik ewewig teen 1650 ˚C. Die gebalanseerde vergelyking vir die reaksie is: ∆H = + 41,2 kJ.mol-1 6.1 Stel Le Chatelier se Beginsel in woorde. (2) 6.2 Is hierdie reaksie endotermies of eksotermies? (1) 6.3 Hoe sal die volgende veranderinge die hoeveelheid mol CO(g) by ewewig beïnvloed? Kies uit VERHOOG, VERLAAG of BLY DIESELFDE 6.3.1 Druk verhoog (1) 6.3.2 Temperatuur verlaag (1) 6.3.3 Verduidelik jou antwoord op VRAAG 3.2 volgens Le Chatelier se Beginsel (3) 6.4 Teken ‘n eenvoudige, benoemde grafiek om die reaksietempo teen tyd vir hierdie reaksie voor te stel. (3) 6.5 Wanneer ewewig bereik word, is daar 0,55 mol CO(g) in die fles. Bereken die ewewigskonstante Kc vir die reaksie teen hierdie temperatuur. (7) [18]
Read DetailsVRAAG 5 ‘n Oormaat natriumwaterstofkarbonaat (koeksoda)…
VRAAG 5 ‘n Oormaat natriumwaterstofkarbonaat (koeksoda) reageer met etanoësuur (asyn) volgens die volgende gebalanseerde vergelyking: Hierdie reaksie word gebruik om die faktore wat reaksietempo beïnvloed, te ondersoek. Die eksperiment word onder verskillende toestande herhaal en die reaksietoestande vir elke eksperiment word in die tabel hieronder opgesom. 5.1 Definieer reaksietempo. (2) 5.2 Vir hierdie ondersoek, skryf neer die: 5.2.1 Ondersoekende vraag. 5.2.2 Onafhanklike veranderlike. 5.2.3 Afhanklike veranderlike (2) (1) (1) 5.3 Die koolstofdioksiedgas, CO2(g), wat tydens die reaksie vorm, word vir elke eksperiment in ‘n gasspuit versamel. Die volume gas wat versamel is, word elke 30 sekondes gemeet en die resultate wat verkry is, word in die grafiek hieronder getoon. Regterklik op die onderstaande blou blokkie, om die Diagram vir Vraag 5.3 in ‘n aparte blad oop te maak. 5.3.1 Watter grafiek (A of B) verteenwoordig eksperiment I? (1) 5.3.2 Gebruik die botsingsteorie om die tendens in die grafieke vir die twee eksperimente te verduidelik. (3) 5.4 Gestel eksperiment I word weer herhaal, maar hierdie keer in die teenwoordigheid van ‘n katalisator, hoe sal die nuwe reaksietempo vergelyk met die oorspronklike reaksietempo? Kies uit: HOËR AS, LAER AS of DIESELFDE (1) Die eksperiment word weer herhaal met dieselfde volume asyn (etanoësuur) en dieselfde massa koeksoda (natriumwaterstofkarbonaat) as wat in eksperiment I en II gebruik is. Die etanoësuur wat gebruik word het ‘n konsentrasie van 2,5 mol.dm-3. 5.5 Bereken die massa natriumwaterstofkarbonaat wat na voltooiing van die reaksie in die fles teenwoordig is. (5) [16]
Read Details