VRAAG 3 Mev. Mupanza bestuur ‘n klein besigheid vanuit h…
VRAAG 3 Mev. Mupanza bestuur ‘n klein besigheid vanuit haar huis. Sy koop verskillende groottes wasgoedmandjies aan en bedek die binnekant van die mandjies met lap. Daarna verkoop sy hulle teen ‘n wins. Regter “click” op die knoppie onder om die illustrasie van die mandjies wat sy verkoop in ‘n nuwe oortjie oop te maak. 3.1 Hoeveel lap het Mev. Mupanza nodig (in m2) om die kante en die bodem van die reghoekige mandjie, maar nie die deksel nie, met lap uit te voer. Maak gebruik van die formule: Totale buite oppervlakte = (l x b) + 2(l x h) + 2(b x h) (4) 3.2 Bepaal die hoeveelheid lap wat sy gaan benodig om slegs die bodem en kante van die silindriese mandjie met lap uit te voer (nie die deksel nie) Rond jou antwoord af na die naaste m2 Maak gebruik van die volgende formule: Totale buite oppervlakte = ( π x r2) + (2πr x h), Gebruik π = 3,14 (5) 3.3 Mev. Mupanza wil graag ‘n kant valletjie rondom die deksel van die silindriese mandjie vaswerk. Bepaal die omtrek van die deksel. Gebruik π = 3,14 Skryf jou antwoord in meters (5)
Read Details