Artikel 1 COVID-19 het die wêreld verander, sowel as die wêr…
Artikel 1 COVID-19 het die wêreld verander, sowel as die wêrelwye profiel, belangrikheid en bestuur van baie siektes. Vanaf die verklaring van SARS-CoV2 deur die WGO (Wêreld Gesondheidsorganisasie), as ‘n globale pandemie in Maart 2020 en ten spyte van universele inperkingsprosedures, kon die verspreiding van die virus nie ingeperk word nie. Huidiglik, met die verspreiding van die eerste entstowwe in die Verenigde Koninkryk en die VSA, maak nuwe COVID gevalle, as deel van die tweede vlaag, opskrifte in baie lande, insluitend Suid Afrika. Die voortslepende pandemie en die eise op gesondheidsorgwerkers en eerste lyn reageerders, is besig om sy tol te eis op almal wat betrokke is by die sorg en dienste van COVID pasiënte. Die geestesgesondheid van die werkers in die voorste linies (frontline workers), wat essentiële dienste in klinieke en hospitale verskaf, is veral in gedwang omdat hulle elke dag in kontak is met siek pasiënte in ‘n potensiële lewensgevaarlike situasie. Vir hulle is dit nie net ‘n kwessie van handhawing van sosiale distansiëring nie, maar om ‘n manier te vind om te oorleef binne hul professionele en etiese verpligting om ‘n diens te lewer aan die siek en behoeftiges. Dit kan ‘n verskeidenheid emosies ontlok. Dit kan lei tot gesondheidsorgverskaffers (healthare providers) wat kan ly aan paniekaanvalle, angs, depressie of woede en mag selfs uitbarstings van onverklaarbare emosies hê. Gesondheidsverskaffers speel ‘n deurslaggewende rol in die bestuur van die epidemie. Ons moet dus spesiale voorsiening maak om hulle by te staan in die bestuur van hulle geestelike veerkragtigheid. https://www.mpconsulting.co.za/products/online-cme/1722/rtc-mental-health-resilience Accessed 18/08/2021 at 13h27
Read DetailsArtikel DIE VOORKOMS VAN STIGMA Om die impak wat stigma he…
Artikel DIE VOORKOMS VAN STIGMA Om die impak wat stigma het op die geestesgesondheid van jongmense te ondersoek, is dit van die grootste belang om eers die belangrikheid om die omvang waarin die stigma bestaan, te ondersoek. Wyl dit moeilik is om die voorkoms van stigma werklik te kwantifiseer, omdat dit ingeburgerd is en onbetwisbaar is in die samelewing, gee die houdinge en optredes van jongmense ‘n indikasie daarvan. ‘n Driekwart () van jongmense glo dat die wat sukkel met geestesongesteldhede negatief behandel word as gevolg van stigma. Dit illustreer dus ook hoe blootgestel hulle is tot hierdie nadelige houdings en optredes. Die vraag wat aan jongmense gestel is, was die volgende: ‘Glo jy dat mense wat geestegesondheidskwessies ervaar, op ‘n negatiewe manier behandel word as gevolg van stigma?’ Diegene wat persoonlilk al geestesgesondheidskwessies ervaar en beleef het, was meer geneig om te glo dat mense met geestegesondheidskwessies hierdie stigma beleef (80%), teenoor diegene sonder persoonlike ervarings (68%). Hierdie is waarskynlik weens die feit dat die met geestesgesondheidskwessies meer geneig is om die stigma te herken as gevolg van hul eie situasie en ervaringe. https://www.ymca.org.uk/wp-content/uploads/2016/10/IAMWHOLE-v1.1.pdf a survey done by the YMCA in England and Whales Accessed 17/08/2021 at 16h45
Read Details