NB: Jy hoef nie die prakties self te doen nie. Die inligting…
NB: Jy hoef nie die prakties self te doen nie. Die inligting hieronder is om jou te help om die vrae wat volg, te beantwoord. WAT IS JOU HARTSLAG? Jou hartslag, of polsslag, is die hoeveelheid hartslae per minuut. 1.Om jou polsslag in jou nek te vind: Druk jou wysvinger en middelvinger (nie jou duim nie) aan die kant van jou nek, net onder jou kakebeen en langs jou windpyp. Druk jou vel liggies om jou polsslag te voel. As jy dit nie kan vind nie, probeer ‘n bietjie harder druk of jou vingers rondbeweeg. Gebruik ‘n horlosie of stophorlosie en tel die aantal slae wat jy binne ‘n minuut (60 sekondes) voel. Alternatiewelik kan jy die aantal slae in 15 sekondes tel en dit met 4 vermenigvuldig om die slae per minuut te bereken. 2. Hoe om ‘n mens se pols te neem op jou gewrig: Plaas jou wys-en-middelvingers (nie jou duim nie) op die binnekant van die gewrig tot jy ‘n pols voel. Tel die aantal slae wat jy kan voel vir 1 minuut (60 sekondes). Alternatiewelik kan jy die aantal slae in 15 sekondes tel en dit met 4 vermenigvuldig om die slae per minuut te bereken. Image Source: How to Take A Pulse – What You Need to Know (2021). Available at: https://www.drugs.com/cg/how-to-take-a-pulse.html (Accessed: 25 July 2021).
Read Details