Doel: Om die uitwerking van oefening op die hartklop van ‘n…
Doel: Om die uitwerking van oefening op die hartklop van ‘n persoon te ondersoek. Apparaat: Twee vrywilligers (Persoon A en Persoon B; jy mag Persoon A wees) Stophorlosie (Selfoon kan ook gebruik word). Pen en papier Metode: Sorg dat albei persone rus en vir ten minste 10 minute geen fisiese aktiwiteit gedoen het nie. Meet beide persone se hartklop tydens normale rustende omstandighede en teken dit in ‘n tabel aan. Die eerste persoon (Persoon A) draf op die plek vir presies 30 sekondes met knieë hoog gelig. Nadat persoon A vir 30 sekondes gedraf het, neem persoon B, persoon A se hartklop/ pols, en teken die resultate in die tabel aan. Persoon A rus vir een minuut. Persoon B draf nou op die plek vir 30 sekondes met knieë hoog gelig. Nadat persoon B vir 30 sekondes gedraf het, neem persoon A, persoon B se pols/ hartklop en teken die resultate in die tabel aan. Persoon B rus dan vir een minuut. Herhaal stappe 2-7 met die hardlooptyd verhoog tot 60 sekondes. Herhaal stappe 2-7 met die hardlooptyd verhoog tot 90 sekondes.
Read Details