ADDISIONELE INLIGTING: A Die saldo van R865 verskuldig…
ADDISIONELE INLIGTING: A Die saldo van R865 verskuldig aan Checkout Groothandelaars op 1/07/16 bestaan uit R684 se aankope op 15 Mei en die res van 4 Junie. B Kredietnota 1245 op 06/07/16 was vir goedere gekoop op 05/07/16. C Die saldo volgens die krediteuregrootboek in die boeke van Thermo Handelaars soos op 31 Julie 2016 was R1 035. D Na ‘n deeglike vergelyking van die staat, die Krediteurekontrolerekening en die krediteuregrootboek in die boeke van Thermo Handelaars, was die volgende foute op die staat opgemerk: Faktuur A802 op die staat was vir goedere gekoop deur Thermo Winkels. · Die korting toegestaan op 7 Julie 2016 moes nie toegestaan gewees het nie. Die korrekte bedrag vir kredietnota 2880 gedateer 26 Julie 2016 is R94. E Die volgende foute was opgemerk in die boeke van Thermo Handelaars: Faktuur A505 was foutiewelik in die boeke aangeteken as R416. Die debietnota op 6 Julie 2016 was foutiewelik aangeteken as R43. · Die kontantbetaling op 19 Julie 2016 en die faktuur op 22 Julie 2016 was slegs in die Krediteuregrootboek aangeteken. Dit was nie aangeteken in die toepaslike joernale nie. [36]
Read Details