INSTRUKSIES 1. Die vraestel bestaan uit DRIE afdelings:…
INSTRUKSIES 1. Die vraestel bestaan uit DRIE afdelings: AFDELING A: FILMSTUDIE (17) AFDELING B: RADIODRAMA (18) AFDELING C: GEDIGTE (35) 2. Beantwoord al die vrae. 3. Voorgestelde tydsindeling: AFDELING A & B: 75 MINUTE AFDELING C: 75 MINUTE 4. Gebruik die volgende spesiale karakters soos dit benodig word. Jy kan dit hier kopieër en plaas in die betrokke plek. ê, ï, î, ü, é, â, ä, à, ë, è, ì, ô, ö, ò, û
Read DetailsAFDELING A: FILMSTUDIE VRAAG 1: KONTEKSTUELE VRAAG Bean…
AFDELING A: FILMSTUDIE VRAAG 1: KONTEKSTUELE VRAAG Beantwoord alle vrae: TEKS A: Lees die onderstaande uittreksel uit die drama PALJAS en beantwoord die vrae wat daarop volg. PALJAS – Chris Barnard Druk REGS op die knoppie vir die uittreksel. Emma: (Verbaas en opstandig.) Ek moet wat?! Hendrik: Jy het gehoor wat ek sê. Emma: Ek moet my loop mooi maak. Om te wat? (Harder) Om te wat? Hendrik: Ons gaan net aan Emma. Ons maak of niks gebeur het nie. Emma: Dis al wat ons doen heeltyd. Ons maak of niks gebeur het nie. Hendrik: Wat? Wil jy weer op ‘n hoop loop sit? Emma: Kyk hoe lyk ma! Lyk dit vir pa of niks gebeur het nie? Kyk hoe lyk ons almal. Hendrik: Emma… Emma: Hulle verwilder ons… soos melaatses van die dans af weg. Maar ons moet maak of niks gebeur het nie. Hendrik: En wat doen jy? Jy hol in die veld in. Emma: Hoekom sit ons op hierdie gatstasietjie, Pa? Ek vra… hoekom, omdat niks gebeur het nie? Nollie: Emma! Emma: Ma loop bedags en tjank agter die huis, as sy dink niemand sien haar nie. Hoekom? Katrien: (saggies en verbaas) Emma? Emma: Willem maak twee jaar lank nie sy mond oop nie! Maar almal moet maak asof niks gebeur het nie. Hoekom, Pa? Katrien: (Harder) Emma! Emma: Ons gaan nooit weer maak of niks gebeur het nie, Pa! Ons gaan praat. Ons gaan oor als praat… al maak dit hóé seer.
Read DetailsTOTAAL VRAAG 3: 18 VRAAG 4: KONTEKSTUELE VRAAGDruk…
TOTAAL VRAAG 3: 18 VRAAG 4: KONTEKSTUELE VRAAGDruk REGS op die onderstaande knoppie om die gedig in ‘n nuwe bladsy oop te maak. TEKS C: Lees die onderstaande gedig en beantwoord die vrae wat volg. DIE MAN SE STANDPUNT deur C.J LANGENHOVEN Die man se standpunt. 1. Ek vra die mannetjievolstruis: 2. “Waar is jou vrou?” Hy sê: “Sy’s tuis, 3. waar vrouens hoort; sy sit en broei.” 4. Ek sê: “Terwyl die son so skroei?” 5. “En wanneer help jy dan vir haar, 6. Of kry net sy alleen dit swaar?” 7. “My beurt kom in die nag,” sê hy, 8. “Dan is dit hare om te wei.” 9. “Dan is dit koel,” sê ek, “en jy 10. Slaap in jou slapenstyd, en sy 11. Moet in die donker kossies pik – 12. Jy vreet jou in die daglig dik.” 13. “Haar diens is liefdediens,” sê hy; 14. “Haar swaarkry is haar lekkerkry; 15. Haar saligheid, haar vrouedeel 16. Om nooit te voel sy gee te veel.”
Read Details