VRAAG 2: Sê of elk van die volgende stellings WAAR of ON…
VRAAG 2: Sê of elk van die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. As die stelling ONWAAR is, skryf dan die woord ‘Onwaar’ neer en OOK die woord (e) wat die onderstreepte woord (e) moet vervang om die stelling WAAR te maak. (Let daarop dat geen punte toegeken sal word as ‘Onwaar’ gegee word sonder ‘n voorgestelde vervanging nie.) Voorbeeld 1: ‘N Drukker is ‘n voorbeeld van ‘n afvoertoestel. Antwoord: Waar Voorbeeld 2: ‘N Drukker is ‘n voorbeeld van sagteware. Antwoord: Onwaar – hardeware 2.1. ’n Portaalwebblad is ‘n webblad wat kort, gereeld opgedateerde inskrywings in chronologiese volgorde bevat, soms selfs daagliks. (1) 2.2. Hoe groter die bandwydte, hoe vinniger die Internet konneksie. (1) 2.3. “Tabs” verhoed dat die gebruiker meer webblaaie oopmaak sonder om die bestaande webblad waarop hy is, toe te maak. (1) 2.4. Whatsapp is ‘n voorbeeld van IKT. (1) 2.5. BCc beteken dat die e-pos adresse aan wie die epos gestuur is, deur almal wat die epos ontvang, gesien kan word. (1)
Read DetailsVRAAG 3: 3.1 Noem 2 vereistes – behalwe hardeware en sa…
VRAAG 3: 3.1 Noem 2 vereistes – behalwe hardeware en sagteware – om koppeling met die internet moontlik te maak. (2) 3.2 Watter tipe sagteware het jy nodig om webblaaie te besigtig? (1) 3.3 Kyk na die volgende webwerf www.lan.gov.uk — Wat beteken die .gov.uk gedeelte van die web adres? (2)
Read DetailsINSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Die vraestel tel 50 punte….
INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Die vraestel tel 50 punte. Jy het 60 minute om hierdie vraestel te voltooi. 2. Beantwoord al die vrae. 3. Lees die vrae aandagtig deur en let op die puntetoekenning. Oor die algemeen word een punt per feit toegeken. ‘n Vraag wat 2 punte tel, vereis dus TWEE feite, ensovoorts. 4. Nommer die antwoorde volgens die nommerings wat in hierdie vraestel gebruik word. 5. Gaan na die EXAM Connect toe op jou Tuisblad (Front page) indien jy enige probleme ondervind GEDURENDE DIE TOETS TYD.
Read Details