AFDELING A: FILMSTUDIE VRAAG 1: KONTEKSTUELE VRAAG Bean…
AFDELING A: FILMSTUDIE VRAAG 1: KONTEKSTUELE VRAAG Beantwoord alle vrae: TEKS A: Lees die onderstaande uittreksel uit die drama PALJAS en beantwoord die vrae wat daarop volg. PALJAS – Chris Barnard Druk REGS op die knoppie vir die uittreksel. Emma: (Verbaas en opstandig.) Ek moet wat?! Hendrik: Jy het gehoor wat ek sê. Emma: Ek moet my loop mooi maak. Om te wat? (Harder) Om te wat? Hendrik: Ons gaan net aan Emma. Ons maak of niks gebeur het nie. Emma: Dis al wat ons doen heeltyd. Ons maak of niks gebeur het nie. Hendrik: Wat? Wil jy weer op ‘n hoop loop sit? Emma: Kyk hoe lyk ma! Lyk dit vir pa of niks gebeur het nie? Kyk hoe lyk ons almal. Hendrik: Emma… Emma: Hulle verwilder ons… soos melaatses van die dans af weg. Maar ons moet maak of niks gebeur het nie. Hendrik: En wat doen jy? Jy hol in die veld in. Emma: Hoekom sit ons op hierdie gatstasietjie, Pa? Ek vra… hoekom, omdat niks gebeur het nie? Nollie: Emma! Emma: Ma loop bedags en tjank agter die huis, as sy dink niemand sien haar nie. Hoekom? Katrien: (saggies en verbaas) Emma? Emma: Willem maak twee jaar lank nie sy mond oop nie! Maar almal moet maak asof niks gebeur het nie. Hoekom, Pa? Katrien: (Harder) Emma! Emma: Ons gaan nooit weer maak of niks gebeur het nie, Pa! Ons gaan praat. Ons gaan oor als praat… al maak dit hóé seer.
Read Details