Maxwell Coffee Group recently reported an EBITDA of $6 milli…
Maxwell Coffee Group recently reported an EBITDA of $6 million and net income of $2.2 million. It had $1.2 million of interest expense, and its corporate tax rate was 48%. What was its charge for depreciation and amortization?
Read DetailsAFDELING B: OPSOMMING VRAAG 2 INSTRUKSIES: 1. Bestudeer T…
AFDELING B: OPSOMMING VRAAG 2 INSTRUKSIES: 1. Bestudeer TEKS D en voer die volgende opdragte uit: 2.Kliek op die knoppie om die TEKS D in ‘n nuwe “tab” oop te maak. 3.Maak ‘n opsomming van SEWE wenke hoe om verantwoordelik met ons selfone en sosiale media om te gaan. 4.Jou opsomming moet in jou eie woorde in ‘n paragraaf aangebied word en mag nie meer as 90 woorde beslaan nie. 5.Jou paragraaf moet samehangend geskryf word. 6.Dit is nie nodig om vir die opsomming ‘n titel te gee nie. 7.Dui die getal woorde wat jy vir die opsomming gebruik het onderaan. TEKS D SELFOONGEBRUIK OF SELFOONMISBRUIK? Baie mense dink die digitale ruimte is soos hul eie woonplek waar húl reëls geld. Selfssonder enige navorsing weet die meeste van ons dat ons te veel met ons selfone doenigis. Hoe dan nou gemaak om weer balans te vind en gehaltetyd terug te bring in jou gesinsonder die gepiep van ʼn selfoon? Stel selfoonvrye sones in die huis vas byvoorbeeld in die kuiervertrekke soos diekombuis en eetkamer. Dit gaan aanvanklik moeilik wees, maar sal mettertyd maklikerword. Wees streng hiermee en stel ʼn voorbeeld vir jou kinders. Wees ook streng met jou tyd. Daar is deesdae oulike toeps wat jy op selfone en tablettekan installeer wat sekere funksies afskakel tussen die tye wat jy kies. Laat kinders by ʼnpartytjie hul fone in ʼn boks sit en dit na die tyd terugkry. Stel ook sulke reëls vas vir kuiersmet jou vriende. Sit dus jou foon neer en kuier met jou vriende! Foonvrye tye is belangrik. Ons vergeet soms dat ons die beste lesse leer wanneer ons pret het. Maak ʼn speletjiedaarvan om selfone minder te gebruik. Laai byvoorbeeld almal se selfone vol en kyk wiese foon het aan die einde van die dag die meeste batterylewe oor. Kom ooreen op ʼnlekker prys vir die wenner! Besluit saam wat is aanvaarbare digitale gedrag en besluit saam wat julle op sosialemedia gaan deel. Stel gesinsreëls vir sosiale media op. Kriteria kan die volgende insluit:Is die inligting waar? Is dit in belang van die mense met wie ek dit deel? Kan dit iemandin die verleentheid stel of is dit lasterlik? Sal ek op ʼn verhoog staan en dit voor ʼn duisendmense sê? As dit nie aan dié kriteria voldoen nie, los dit eerder. Besluit ook as gesinwatter soort foto’s julle op sosiale media wil deel. Gaan deur al jou sosiale media-profiele en dateer dit op. Kyk watter privaat inligting virjou kontakte beskikbaar is. Maak seker hulle kan nie jou adres en selfoonnommer siennie. Gaan deur jou vriende en volgers. Dalk is dit tyd om sekere van jou “vriende” teverwyder omdat jy nie met hulle geassosieer wil word nie. As jy dit nie reeds doen nie, maak ʼn sekerheidskopie (back-up) van jou data en foto’s.Stoor dus jou data. Maak ook jou foon skoon van foto’s en data sodat jy met ʼn skoonfoon kan begin. Gaan ook deur al jou toeps en kyk watter jy nie meer gebruik nie.Maak jou foon gereeld skoon met ʼn antibakteriese klamlappie aangesien jou selfoon oralmet jou saamgaan – ja, soms selfs toilet toe ook! [Aangepas uit: Vrouekeur, 1 Januarie 2016] TOTAAL VRAAG 2: [10]
Read DetailsAFDELING A: LEESBEGRIP VRAAG 1: Lees en bestudeer TEKS B hi…
AFDELING A: LEESBEGRIP VRAAG 1: Lees en bestudeer TEKS B hieronder. Kliek op die knoppie om die tekste in ‘n nuwe “tab” oop te maak en te besigtig. Beantwoord die vrae wat daarop volg. TEKS B Die assistente maak blindes bly. Ons het tog al almal blindemol gespeel toe ons nog tjokkertjies was. ‘n Pikdonker wêreld van onsekerheid oor elke volgende stappie. En gewoonlik eindig die speletjie met nerfaf knieë… Vir ‘n blinde persoon is dit ongelukkig sy\haar daaglikse lot. Pieter van Niekerk, die beeldpoetser van die Suid-Afrikaans Gidshondvereniging, is reeds die grootste deel van sy lewe blind. “Ek het nog altyd net kon droom hoe dit moet wees om kleure te kan sien,” sê hy. Pieter het dit moeilik gevind om met ‘n kierie te loop en hy was ook nie heeltemal gemaklik met die konsep nie. “Dit verg baie konsentrasie en dit is harde werk. Jy loop steeds steeds in voorwerpe vas en as y jou fokus vir ‘n breukdeel van ‘n sekonde verloor, kan jy val of gly.” Toe hy net in die twintig was, het Pieter besluit om ‘n gidshond te kry. Hy was dol oor die idee van “geselskap”, maar sonder opleiding, toerusting en ondersteuning van die Gidshondvereniging, sou hy nooit sy droom van onafhanklikheid en beweeglikheid kon verwesenlik nie. Die Gidshondvereniging is ‘n organisasie sonder winsbejag wat hoofsaaklik van borgskappe en donasies afhanklik is. Dit is in 1953 deur Gladys Evans, ‘n swaksiende vrou, op die been gebring en het gegroei van die eerste hond wat sy in 1955 opgelei het tot die 35 tot 40 honde wat nou jaarliks opgelei word. Ten spyte van die hoë koste (R10 000 om een gidshond op te lei) hoef ‘n blinde persoon soos Pieter slegs R105 te betaal. Kimberly Clark, die mense wat die oulik Baby Soft-toiletpapier met die pienk en blou labradortjies maak, het nou ook besluit om hul stuiwer in die armbeurs te gooi vir die Suid-Afrikaanse Gidshondvereninging. So kan jy help: Wees vanaf 1 Oktober op die uitkyk vir Baby Soft-toiletpapierpakke met ‘n spesiale plakker op. Op die plakker is daar ‘n nommer waarna jy die pak se kode kan SMS. Dit is hoe maklik dit vir jou en Kimberly Clark is om ‘n donasie te maak! Die eerste 20 000 SMS’e sal ook ‘n Baby Soft-gidshondjie (nie die ware Jakob nie, maar ‘n knuffelspeelding) ontvang.
Read Details