VRAAG 8 Beskou die volgende elektrochemiese sel: …
VRAAG 8 Beskou die volgende elektrochemiese sel: Regterklik op die onderstaande blou blokkie, om die Diagram vir Vraag 8 in ‘n aparte blad oop te maak. 8.1 Is hierdie ‘n galvaniese sel of ‘n elektrolitiese sel? Verduidelik jou antwoord. (2) 8.2 Identifiseer elektrode X met behulp van berekeninge. (4) 8.3 Benoem komponent P en gee een funksie van hierdie komponent in hierdie sel. (2) 8.4 Is die Zink in hierdie sel die oksideermiddel of die reduseermiddel? (1) 8.5 Skryf die halfreaksie neer wat by die katode van hierdie sel sal plaasvind. (2) 8.6 Die ZnSO4 is ‘n elektroliet. Definieer elektroliet. (2) [13]
Read DetailsVRAAG 6 Daar word 0,8 mol waterstofgas en 0,8 mol koolst…
VRAAG 6 Daar word 0,8 mol waterstofgas en 0,8 mol koolstofdioksiedgas in ‘n 5 dm3 fles ingespuit en die reaksie bereik ewewig teen 1650 ˚C. Die gebalanseerde vergelyking vir die reaksie is: ∆H = + 41,2 kJ.mol-1 6.1 Stel Le Chatelier se Beginsel in woorde. (2) 6.2 Is hierdie reaksie endotermies of eksotermies? (1) 6.3 Hoe sal die volgende veranderinge die hoeveelheid mol CO(g) by ewewig beïnvloed? Kies uit VERHOOG, VERLAAG of BLY DIESELFDE 6.3.1 Druk verhoog (1) 6.3.2 Temperatuur verlaag (1) 6.3.3 Verduidelik jou antwoord op VRAAG 3.2 volgens Le Chatelier se Beginsel (3) 6.4 Teken ‘n eenvoudige, benoemde grafiek om die reaksietempo teen tyd vir hierdie reaksie voor te stel. (3) 6.5 Wanneer ewewig bereik word, is daar 0,55 mol CO(g) in die fles. Bereken die ewewigskonstante Kc vir die reaksie teen hierdie temperatuur. (7) [18]
Read Details