8.5 Korrigeer die fout in die formule deur net die verkeer…
8.5 Korrigeer die fout in die formule deur net die verkeerde deel van die funksie na ‘n korrekte opsie te verander. Skryf slegs die deeltjie wat jy verander het in die spasie neer. Moenie die hele funksie in die onderstaande spasie neerskryf nie. (1)
Read DetailsDie volgende sigbladkopie is ‘n voorbeeld van ‘n moontlike…
Die volgende sigbladkopie is ‘n voorbeeld van ‘n moontlike sigblad wat deur jou onderwyser gebruik kan word. A B C D E F G H 1 Van Naam Toets1 Toets2 Toets3 Totale % Simbool 2 25 40 65 130 3 De Jager Suzan 23 2 65 90 69 #VALUE! 4 Khumlo Moloi 22 2 45 69 53 #VALUE! 5 Francicus Jane 22 5 39 66 51 #VALUE! 6 Tsepo Mvunga 25 39 64 128 98 #VALUE! 7 Groenewald Hernus 20 19 37 76 58 #VALUE! 8 Moloko Abel 19 20 36 75 58 #VALUE!
Read DetailsAs deel van jou skool se besluit om ‘n veldtog vir die bewus…
As deel van jou skool se besluit om ‘n veldtog vir die bewusmaking van bedreigde dierespesies te loots, het die graad 12 RTT-klas die taak gehad om ‘n aanlyn-inligtingsentrum en ‘n aanlynkursus oor bedreigde natuurlewe op die been te bring. ‘n Paar van die RTT-leerders wat in dieselfde stad woon, het ook besluit om by een van hul huise bymekaar te kom om te help om die projek meer vaartbelyn te maak. Hulle het ‘n klein netwerk opgestel met die hulp van Cape of Good Hope DBV en hul ouers. Vier rekenaars sal in die netwerk gebruik word. Die program bevat samestellings van videoredigering- en animasieprojekte wat die RTT-leerders ontwikkel het. 10.1 Verduidelik, aan die hand van die scenario, waarom intreevlakrekenaars NIE geskik is om te gebruik as hulle hul programme saamstel nie. Gee twee redes. (2) Jason wil die volgende lêers aan die mense wat vir die aanlynkursus oor bedreigde natuurlewe geregistreer het stuur: Vertroulik.txt Welkom! .Exe 10.2 Gee TWEE redes waarom Jason NIE moet probeer om hierdie spesifieke lêers as e-pos aanhegsels te stuur nie. Verwys spesifiek na die stuur van ‘n txt-lêer en die stuur van ‘n .exe-lêer. (2) 10.3 Gee TWEE maniere waarop lêers elektronies aan ander gestuur kan word, behalwe as e-pos aanhegsels. (2) 10.4 Verduidelik waarom Jason die Vertroulik.txt-lêer dalk as Vertroulik.docx sal wil stoor voordat hy dit na die kursusgangers stuur, behalwe om na die formateringskwessies te verwys. (1) Die RTT-leerders word aangemoedig liewer al hulle lêers wat hulle vir hierdie projek skep aanlyn te stoor , aangesien lêers wat aanlyn gestoor word, gesinkroniseer kan word. 10.5 Watter algemene voordeel hou sinkronisering in? (1)
Read DetailsTerwyl een van jou vriende op sy rekenaar werk, vries dit en…
Terwyl een van jou vriende op sy rekenaar werk, vries dit en reageer nie. Die res van die stelsel werk goed en hy kan oorskakel na ander programme wat goed werk. 10.11 Beskryf wat hy kan doen om hierdie probleem op te los. (1) Een van die leerders het gesê dat sy geen data op haar foon het nie, maar wel WiFi kan gebruik. 10.12 Gee die belangrikste verskil tussen die gebruik van WiFi en die gebruik van ‘n sellulêre verbinding soos 3G om met ‘n slimfoon aan die internet te koppel. (1) Dit lyk asof een van die rekenaars in jou huis wat jy vir videoredigering gebruik, ‘n probleem het. Wanneer jy die rekenaar aanskakel, is daar geen beeld op die skerm nie. 10.13 Gee TWEE moontlike oplossings vir hierdie probleem. (2) Jy en die ander leerders wat by die program betrokke is, het verskeie whats-up groepe gestig met die mense wat vir die kursusse geregistreer het. 10.14 Gee EEN nadeel van die gebruik van intydse boodskappe. (1)
Read Details