AFDELING C: OPSTELVRAE VRAAG 5: BESIGHEIDSGELEENTHEDE…
AFDELING C: OPSTELVRAE VRAAG 5: BESIGHEIDSGELEENTHEDE Beantwoord slegs EEN van die TWEE opstelvrae. Nommer jou antwoorde duidelik en antwoord puntsgewys. Vier jaar gelede het James en Theo hul eie onderneming met die naam Threads begin. Hulle het ‘n unieke kulturele reeks klere ontwerp. Hul besigheid groei vinnig en hulle oorweeg dit om hul vriend Ntombi te vra om as mede-eienaar by hulle aan te sluit. In hul huidige vorm van eienaarskap is hulle ten volle aanspreeklik vir enige skuld van die onderneming. Skryf ‘n opstel oor die volgende aspekte aan die hand van die bostaande scenario: Bespreek ‘n vennootskap deur die kenmerke te verduidelik. Regverdig die stigting van ‘n vennootskap deur uit te brei oor die voordele. Verduidelik die nadele van ‘n vennootskap. Identifiseer en bespreek VIER entrepreneuriese eienskappe. TOTAAL VIR VRAAG 5 [40] OF
Read Details