VRAAG 4: DIVERSE VRAE Beantwoord enige TWEE van die DRIE…
VRAAG 4: DIVERSE VRAE Beantwoord enige TWEE van die DRIE vrae. Nommer jou werk duidelik en beantwoord puntsgewys. 4.1 Lees die volgende gevallestudie en beantwoord die vrae wat volg: Justine besit ‘n besigheid op haar eie. Sy het volledige eienaarskap en aanspreeklikheid. Sy het egter besluit dat sy die besigheid met ‘n ander eienaar wil deel, en hulle twee sal mede-eienaars in die onderneming wees. Justine wil die proses so eenvoudig moontlik maak en wil steeds in haar persoonlike hoedanigheid belas word. 4.1.1 Watter vorm van eienaarskap het Justine se besigheid tans? (2) 4.1.2 Gee TWEE redes vir u antwoord in vraag 4.1.1. (4) 4.1.3 Bespreek TWEE nadele vir Justine as sy ‘n openbare maatskappy sou stig. (4) 4.2 Verduidelik die doel van ‘inklusiwiteit’ in die werkplek. (6) 4.3 Onderskei tussen ‘korporatiewe maatskaplike verantwoordelikheid’ en ‘maatskaplike belegging.’ Gebruik die onderstaande tabel om bogenoemde vraag te beantwoord. (4) KMV: KMI: TOTAAL VIR VRAAG 4 [20] AFDELING B TOTAAL [40]
Read DetailsVAK INSTRUKSIES: 1. Hierdie vraestel bestaan uit…
VAK INSTRUKSIES: 1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings, naamlik AFDELING A, AFDELING B en AFDELING C wat onderwerpe behandel wat handel oor Besigheidsgeleenthede en Besigheidsrolle in Kwartaal 1 en 2. AFDELING A: VERPLIGTEND AFDELING B: Bestaan uit DRIE vrae, ANTWOORD SLEGS TWEE vrae uit hierdie afdeling. AFDELING C: Bestaan uit TWEE opstelle, beantwoord SLEGS EEN van die TWEE vrae uit hierdie afdeling. 2. Oorweeg die tydstoedeling vir elke vraag tydens die beantwoording. 3. Lees die instruksies vir elke vraag aandagtig deur en beantwoord slegs die vereiste. 4. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik word. 5. Behalwe waar ander instruksies gegee word, moet die antwoorde in volsinne wees. 6. Die puntetoekenning van elke vraag sal die lengte van u antwoord bepaal. 7. Gebruik die onderstaande tabel as ‘n riglyn vir punte en tydstoedeling vir elke vraag. VRAAG AFDELING PUNTE TYD 1 A: Meerkeusevraag, kies die regte woord en vul die ontbrekende woord in 20 20 minute 2 B: DRIE direkte vrae. Antwoord SLEGS TWEE vrae 20 20 minute 3 20 20 minute 4 20 20 minute 5 C: TWEE opstelvrae. Beantwoord SLEGS EEN opstelvraag. 40 30 minute 6 40 30 minute TOTAAL 100 90 minute
Read DetailsVRAAG 3: BESIGHEIDSROLLE Beantwoord slegs TWEE van die D…
VRAAG 3: BESIGHEIDSROLLE Beantwoord slegs TWEE van die DRIE vrae. Nommer jou werk duidelik en beantwoord puntsgewys. 3.1 Verduidelik hoe ondernemings handelsmerke en patente kan gebruik om ‘rowery’ as ‘n sosio-ekonomiese kwessie te hanteer. (8) 3.2 Verduidelik die betekenis van ‘sosiale verantwoordelikheid’. (4) 3.3 Lees die onderstaande scenario en beantwoord die vrae wat volg: Amandla Onderneming is in ‘n informele nedersettingsgebied geleë. Die onderneming is geplunder tydens ‘n betoging oor dienslewering. Sommige werknemers het opgehou werk en salarisverhoging geëis. 3.3.1 Identifiseer TWEE sosio-ekonomiese kwessies wat Amandla Enterprise raak uit die scenario hierbo. Motiveer jou antwoord deur aan te haal uit die scenario. Gebruik die onderstaande tabel om hierdie vraag te beantwoord. (6) SOSIO-EKONOMIESE KWESSIE: MOTIVERING: 1. 2. 3.3.2 Beveel EEN strategie aan om EEN van die sosio-ekonomiese kwessies wat in VRAAG 3.3.1 geïdentifiseer is, te hanteer. (2) TOTAAL VIR VRAAG 3 [20] OF
Read Details