VRAAG 4 40 Punte 4.1.1 Noem TWEE soorte ondoeltreffend…
VRAAG 4 40 Punte 4.1.1 Noem TWEE soorte ondoeltreffendhede wat kan voorkom in die onvolmaakte mark. (2) 4.1.2 Hoekom stel die regering soms prysplafonne vas vir sekere produkte? (2) [4] 4.2 Bestudeer die grafiek en beantwoord die vrae wat volg: REGS KLIK OP DIE KNOPPIE OM DIE GRAFIEK OOP TE MAAK IN ‘N NUWE TAB: 4.2.1 Noem wat die individuele besigheid sal ervaar by elk van die prysvlakke A tot D. (4) 4.2.2 Verduidelik die term normale wins. (2) 4.2.3 Verduidelik die vorm van die GK-kurwe. (4) [10] 4.3 Bestudeer die uittreksel en beantwoord die vrae wat volg: KITSKOSRESTAURANTE IN DIE MONOPOLISTIES MEDEDINGENDE MARK Suid-Afrika se kitskosmark is uiters mededingend omdat baie verkopers vir hulle deel van die verbruikersmark baklei. Die kitskosbedryf is vir ongeveer 40% van die totale verbruikerskosdiensverkope in Suid-Afrika verantwoordelik, bv. Fishaways wat vis verkoop en Steers wat hamburgers verkoop. Dit word as ‘n hibriede markstruktuur beskou. [City Press] 4.3.1 Hoekom speel handelsmerke ‘n belangrike rol in hierdie markstruktuur? (2) 4.3.2 Waarom sal die ekonomiese wins wat deur ‘n monopolistiese mededinger gemaak word, in die langtermyn verdwyn? (4) 4.3.3 Bespreek die hibriede markstruktuur volledig. (4) [10] 4.4 Verduidelik waarom regerings soms met ‘n projek voortgaan, selfs al oorskry die privaat koste die private voordele. (8) 4.5 Met behulp van ‘n grafiek, verduidelik hoekom marginale koste aan marginale inkome gelyk moet wees om winste te maksimeer. (8) [40]
Read DetailsOnthou asseblief om jou antwoorde vir Afdeling B en Afdeling…
Onthou asseblief om jou antwoorde vir Afdeling B en Afdeling C te CamScan na ‘n enkele pdf dokument. Jy sal submit moet klik in hierdie quiz en dan sal die SBA004b Oplaai Quiz vanself oopmaak. (Sodra daardie quiz oop is het jy 30 minute om op te laai)
Read DetailsVRAAG 3 40 Punte 3.1.1 Gee enige TWEE voorbeelde van m…
VRAAG 3 40 Punte 3.1.1 Gee enige TWEE voorbeelde van meriete goedere. (2) 3.1.2 Hoe kan die verbruiker uit mededinging voordeel trek? (2) [4] 3.2 Bestudeer die grafiek en beantwoord die vrae wat volg: REGS KLIK OP DIE KNOPPIE OM DIE GRAFIEK OOP TE MAAK IN ‘N NUWE TAB: 3.2.1 Watter onvolmaakte markstruktuur word hierbo uitgebeeld? (1) 3.2.2 Benoem die vraagkurwe met ‘n afwaartse helling hierbo. (1) 3.2.3 Bespreek twee maniere waarop samespanning in hierdie mark kan plaasvind. (4) 3.2.4 Wat sal die uitwerking wees op totale inkomste as hierdie produsent sy prys van R150 vermeerder na R155? Toon ALLE berekeninge. (4) [10] 3.3 Bestudeer die tabel en beantwoord die vrae wat volg: KOSTE- EN INKOMSTETABEL UITSET PRYS GI MI TI GK MK TK 1 21 21 21 21 23 24 23 2 18 18 15 36 19 15 38 3 15 15 9 45 15 7 45 4 12 12 3 48 14 A 56 5 9 9 -3 45 15 19 75 3.3.1 Wat is die uitwerking op totale inkomste as marginale inkomste positief is? (1) 3.3.2 Op watter uitsetvlak sal die onderneming winsmaksimering behaal? (1) 3.3.3 Bespreek kortliks die term marginale inkomste. (2) 3.3.4 Bepaal die marginale koste vir A in die boonste tabel. (2) 3.3.5 Verduidelik waarom die MI-kurwe onder die GI-kurwe lê. (4) [10] 3.4 Teken ‘n goed-benoemde grafiek om te help met die verduideliking van ekonomiese wins vir die monopoliemark. (8) 3.5 Teken ‘n goed-benoemde grafiek om te help met die verduideliking van ‘n positiewe eksternaliteit wat voortspruit uit verbruik. (8) [40]
Read DetailsVRAAG 2 40 Punte 2.1.1 Noem enige TWEE instellings in…
VRAAG 2 40 Punte 2.1.1 Noem enige TWEE instellings in Suid-Afrika wat antimededingende gedrag reguleer. (2) 2.1.2 Wat sal gebeur as een besigheid in die volmaakte mark besluit om sy verkoopprys te verhoog? (2) [4] 2.2 Bestudeer die uittreksel en beantwoord die vrae wat volg: TOLPAAIE -WAS DIT DIE BESTE BESLUIT? Daar is grootskaalse debatte oor tolpaaie in Suid-Afrika, met baie ongelukkige verbruikers en onsekerheid of dit werklik die ekonomie sal bevoordeel. Die groot vraag is of die owerheid al die positiewe en negatiewe aspekte rakende tolpaaie ondersoek het. [Business Times] 2.2.1 Watter metode kan die owerheid gebruik om te verseker dat die instelling van tolpaaie die beste besluit is? (1) 2.2.2 Wat sal vergelyk word in hierdie metode? (1) 2.2.3 Waarom is die regering verplig om hierdie metode te gebruik? (2) 2.2.4 Hoe kan tolpaaie tot markmislukking lei? (2) 2.2.5 Argumenteer ten gunste van die implimentering van tolpaaie. (4) [10] 2.3 Bestudeer die grafiek en beantwoord die vrae wat volg: REGS KLIK OP DIE KNOPPIE OM DIE GRAFIEK OOP TE MAAK IN ‘N NUWE TAB: 2.3.1 Wat is die sigbare verband tussen die MK- en GK-kurwes? (2) 2.3.2 Definieer die term ekonomiese verlies. (2) 2.3.3 Hoekom is die vraagkurwe van die individuele produsent volmaak elasties? (2) 2.3.4 Bereken die ekonomiese verlies. Toon ALLE berekeninge. (4) [10] 2.4 Verduidelik hoe CALTEX in ‘n oligopolistiese mark kan meeding met ander maatskappye wat petrol verkoop in Suid Afrika. (8) 2.5 Wat is die effek van die instelling van minimum lone in Suid-Afrika? (8) [40]
Read Details