4.2 Verwys na die beelde van FIGUUR F en FIGUUR G hierond…
4.2 Verwys na die beelde van FIGUUR F en FIGUUR G hieronder en beantwoord die vraag wat volg: Skryf ‘n opstel (ten minste een bladsy) waarin jy die TWEE ontwerpe in Figuur F en Figuur G vergelyk. Regskliek op die knoppies hieronder en maak in ‘n nuwe TAB oop om FIGUUR F en FIGUUR G te sien FIGUUR F & G Verwys na die volgende in jou bespreking: Doelwitte Invloede Kleur Lyn Balans (5X2) (10) Jy mag NIE verwys na enige ontwerper(s)/ontwerpgroep(e) wat jy voorheen bespreek het of voorbeelde ontwerp wat in hierdie vraestel verskyn nie.
Read Details5.4 Bespreek die werk van een kontemporêre ont…
5.4 Bespreek die werk van een kontemporêre ontwerper, en / of handwerk gemeenskap wat die stelling hieronder weerspieël: “Die maatskaplike en ekonomiese omstandighede van almal wat betrokke is, is opgehef deur die handwerkprojek / gemeenskap”. Jy mag NIE verwys na enige ontwerper(s)/ontwerpgroep(e) wat jy voorheen bespreek het of voorbeelde van ontwerp wat in hierdie vraestel verskyn nie. (6)
Read Details4.1 …
4.1 “Ontwerp word gebore uit ons begeerte om ons ervarings te verhef, of dit nou op ‘n praktiese, estetiese of emosionele vlak is. Ontwerp moedig ons aan om te verken en te eksperimenteer.” Kies enige TWEE BEWEGINGS uit die lys hier onder wat die kwotasie hierbo weerspieël. · Kuns en Handwerk · Art Nouveau · Art Deco · Bauhaus · Modernisme · Post-Modernisme · Dekonstruktivisme · Skandinawiese Skryf ‘n opstel (van ten minste TWEE bladsye) waarin jy bespreek hoe ELKEEN van jou gekose bewegings die aanhaling hierbo weerspieël. Ondersteun jou antwoord deur na die volgende te verwys in ELKE beweging: · Doelwitte · Invloede · Algemene karaktereienskappe · Ontwerper / argitektuur · ‘n Voorbeeld van hul werk, materiale en metodes Jy mag NIE verwys na enige ontwerper(s)/ontwerpgroep(e) wat jy voorheen bespreek het of voorbeelde ontwerp wat in hierdie vraestel verskyn nie. (20)
Read Details